Ietsie oor ons

Lank lank gelede het twee vreemdelinge mekaar ontmoet erens in ‘n kombuis.  Oor die jare het hul lewenspaaie wye draaie geloop tot hul weer eendag jare daarna in ‘n tuin tot stilstand gekom het. 
Kosbare vriendskappe vergaan nie sommer nie en so tussen die koppies koffie en tee het hierdie twee vriendinne met ‘n blink plan vorendag gekom.  Die geselsies was sonder ophou oor gedeelde passies in die lewe, alles in en om die huis, en van daar het die klein saadjie van ons droom begin ontkiem en nou steeds groei hy elke dag nog sterker en sterker….

(95% van die inligting kom van In en Om die Huis op FB wat deur ons lede gedeel is.)

Vandag (01 Augustus 2011) is ons Facebook blad (In en om die huis) al 1 jaar aan die gang. Baie dankie aan almal wat deel was van hierdie saamkuiers oor die jaar.  Mag daar nog vele vreugdevolle saamkuiers wees.


Net 'n gedagte.....
Ek lees gister dat daar blykbaar so iets soos “tuinboukundige korrektheid” bestaan.  O aarde.  Ek moet bieg.  Hier by In en om die huis, gaan ons vir julle vertel wat ons weet soos dit aan ons oorgedra is, soos ons dit erens nagevors het of soos ons uit eie ondervinding geleer het.  Of dit nou “tuinboukundig korrek” is of nie.  Somtyds glo ek moet mens net die natuur geniet en tuinmaak geniet sonder om te “fancy” of “kundig korrek” te probeer wees. 

Spesiale woorde van een van ons lede:

Lettie Swarts

This Applies To You

A good woman is proud of herself.
She respects herself and others.
She is aware of who she is.
She neither seeks definition from the person she is with,
nor does she expect them to read her mind.
She is quite capable of articulating her needs.

A good woman is hopeful.
She is strong enough to make all her dreams come true.
She knows love, therefore she gives love.
She recognizes that her love has great value and must be reciprocated.
If her love is taken for granted, it soon disappears.

A good woman has a dash of inspiration, a dabble of endurance.
She knows that she will, at times, have to inspire others to reach the potential God gave them.
A good woman knows her past, understands her present and moves toward the future.

A good woman knows God.
She knows that with God the world is her playground, but without God she will just be played.
A good woman does not live in fear of the future because of her past.
Instead, she understands that her life experiences are merely lessons, meant to bring her closer to
self knowledge and
unconditional self love.
Girls Smile.....YOU KNOW YOU HAVE IT GOING ON!



05 Augusts 2014

Hierdie pragtige gedig is spesiaal vir In en Om die Huis deur een van ons lede geskryf

 
Iets wat ek spesiaal vir In en om die Huis geskryf het
 
DIE DAG VAN ‘N HUISVROU
Ek is in en om die huis...
maar die reën is my kruis.
Ek het wasgoed gewas, gemop
maar die weer hou my aan fop.


Ek dans met my besem;
Ek doen paaldans met my mop
En as iemand my sou sien
sal hul sê ek’s mal in my kop.

Nou is dit weer kosmaak
netnou dan weer stryk;
Later vanmiddag ‘n koek bak
voor die middaguur wyk.

Ek maak tyd vir my facebook;
Ek loer gou na ‘n comment of twee,
dan weer terug na my werkplek
waar ek ‘n stukkie kunswerk betree.

Ek was die vuil skottelgoed,
hang die vadoek op die draad.
My besem gluur my aan,
sê ek pleeg hoogverraad.

Ek gryp hom en vee die vloer,
hy giggel as ek sy hare streel.
Ek gluur hom boosaardig aan
Oor hy my rustydjie wil steel.

Moeg, vuil en afgemat;
My koffie eenkant koud,
gly ek op ‘n los mat
val met my kop teen ‘n hout.

Nou is ek disnis,
kan niks onthou....
Het ek netnou gevee
of wasgoed opgevou...?

Ek val moeg op my bed neer,
my hond knor vir my;
want waar gaan sy dan
nou so ‘n lekker lêplek kry.

Ek staan maar weer op
sit die ketel aan,
maak lekker vars koffie
en stuur die besem na sy maan.

Môre is nog ‘n dag
troos ek myself;
maar vanaand as almal slapies
gaan ek weer in die stofwolke delf.

En as ek gaan slaap laatnag
sal ek droom van ‘n huishulp of twee,
wat alles namens my doen
vir my kook, was en vee.

In en om die huis
sonder bevordering, sonder pay,
sal ek maar elke dag aanpak
en ander dames beny.

Maar ek ruil dit vir niks nie
ek geniet my huis,
al is dit soms ‘n doring
of ‘n stofbelaaide kruis.

©Hulda de Witt