Monday 21 May 2018

Wild Steak Pasta



Wild Steak Pasta
Bestanddele
•250 gr Pasta (ons het Penne gebruik)
•500 gr Wildsvleis Steak, gesny in dun snye
•Swart peper
•Olyfolie
•500 gr Gevriesde groente (roerbraai werk die maklikste)
•2 Eetlepels tamatie pasta
•1 Blikkie tamaties (heel en geskil)
•2 Eetlepels Soja sous
Hoe maak mens?
So maak mens:
Kook die pasta soos wat dit op die sakkie voorgestel word. Maak net seker dit is nie te sag gekook nie.
In ʼn pan, verhit olyfolie en kook die steak met ʼn bietjie sout en peper oor ʼn medium hitte. Kook totdat die steak begin bruin raak. Skep die steak uit die pan uit in ʼn aparte bak en laat dit rus. In ʼn bietjie olie, kook die gevriesde groente en tamatie pasta in die pan vir so 5 minute. Roer genoeg sodat die tamatie nie begin brand nie aangesien dit dan ʼn bitter smaak agter los. Terwyl die nog kook, sit die vleis in met die soja sous en die tamatieblikkie se inhoud. Bring die hitte af en kook vir so 10 minute.
Maak seker die penne pasta is goed gedreineer en meng dan die vleis en groente mengsel in. Roer totdat al die pasta met sous bedek is en die vleis egalig gesprei is. Versier met Parmesaan kaas en pietersielie en bedien.