Wednesday 6 December 2017

Tamatieslaai



Tamatieslaai
Genoeg vir: 4 porsies
• 1 kg gemengde ryp tamaties (gebruik verskillende groottes en kleure)
• sout en varsgemaalde swartpeper
• vars origanum, gekap
• 30 ml rooiwynasyn of balsemiekasyn
• 90 ml olyfolie van goeie gehalte
• 1 knoffelhuisie, gekneus
• 1 vars rooi brandrissie, ontpit, gekap
• 1 pak vars roketblare of vars basiliekruidblare, rofweg geskeur
Sny die tamaties in skywe en geur met sout en swartpeper. Plaas in ’n vergiettes en laat staan vir sowat 15 minute. Meng die tamaties met die origanum. Klits die asyn, olyfolie, knoffel en brandrissie saam en meng deur die tamaties. Sit voor op roketblare of sprinkel geskeurde basiliekruidblare bo-oor.