Wednesday 6 December 2017

Rocky Road roomysterrien



Rocky Road roomysterrien

Hierdie terrien kies kortpad met gekoopte roomys

Genoeg vir 6-8....
Jy benodig:
1 liter goeie gehalte vanieljeroomys

Vir die Rocky Road:
50ml Amarula of Cape Velvet
200g donkersjokolade, in blokkies gebreek
20g botter
80ml kondensmelk
50rou, ongesoute pistasieneute, ­gekap
75g brosbroodkoekies, grofgekap (ek gebruik Eat-Sum-Mor)
150g mini-malvalekkers (of groot lekkers, gekap)

Só maak ’n mens:
1.Voer ’n 8x20cm-pannetjie of -bak met bakpapier uit.
2.Plaas likeur, donkersjokolade, botter en kondensmelk in ’n bak wat bo-op ’n kastrol met kookwater kan pas. Roer oor die kookwater tot alles gesmelt het.
3.Voeg die res van die bestand- dele by en roer tot gemeng. Druk in die voorbereide pan of bak en verkoel vir ten minste ’n uur in die ­yskas.
4.Voer ’n broodpannetjie met kleefplastiek uit. Haal die roomys uit die vrieskas sodat dit effens sag kan word.
5.Skep van die roomys in die pannetjie en maak glad met ’n deegskraper sodat jy ’n roomyslaag van sowat 2cm het.
6.Sny die Rocky Road in blokkies met ’n warm mes en pak ’n laag daarvan bo-op die roomys in die broodpannetjie.
7.Skep nog roomys op en maak gelyk. Eindig met nog ’n laag Rocky Road (daar sal waarskynlik oorbly waaraan die kinders solank kan begin knabbel).
8.Vou die kleefplastiek toe en plaas die terrien oornag in die vrieskas.
9.Wanneer jy gereed is om te be­dien, verwyder die terrien uit die pannetjie en trek die kleefplastiek versigtig af. Plaas op ’n mooi bord, versier met vars aarbeie en sny skywe met ’n warm mes.