Thursday 16 November 2017

Verskeindenheid Koekies



Vinilla suiker koekies
Hierdie is voorwaar ‘n baie lekker koekie.
200g Botter
1k strooi suiker
1 1/2t vanilla
2 1/2k koekmeel
1 eier
Plaas die botter, suiker en vinilla in ‘n menger, en meng tot glad. Voeg dan die koekmeel en eier by, en meng totdat ‘n glade deeg vorm.
Knie die deeg ligweg,draai dit dan toe in plastiek (Gladwrap), en plaas in die yskas vir min 30minute.
Haal uit en rol uit op waspapier ongeveer 5mm dik. Druk met vormpies uit en plaas op bakplaat.
Bak die koekies dan in voorverhitte oond 180°C (350°F) vir 10 tot 12 min of tot ligbruin goud. Laat afkoel op koelrakkies.
Maak ongeveer 30 koekies.

Hawermoutkoekies
Hierdie ongebakte koekies is `n treffer en word altyd Kersfees gemaak in die Koekemoers se huis. Probeer dit gerus!
250g botter
2k suiker
halwe k kakao
1k klapper
3k hawermout
Kook botter, suiker en kakao saam vir 5 minute. Haal van die stoof af en voeg vanilla, klapper en hawermout by en roer goed. Skep lepelsvol op `n skinkbord en laat koud word.
 
Sommer maar net koekies
Moenie dat hierdie reseppie se naam jou flous nie, probeer hom gerus, maar sorg net dat jy die botter al die vorige aand uit die yskas uitgehaal het. Dit lewer om en by 8 dosyn koekies.
250g botter of margarien
500ml suiker
2 eiers goed geklits
5k bruismeel(as gewone koekmeel gebruik word, voeg net 5t bakpoeier ook by)
knypie sout
5ml koeksoda
15ml melk
250ml klapper
125ml korente
Stel oond op 200 grade. Room botter en suiker, voeg geklitste eiers by. Sif die bruismeel en sout drie keer saam en voeg by die geroomde mengsel. Voeg koeksoda opgelos in melk by, dan klapper en korente en meng deeglik. Dis `n sagte hanteerbare deeg. Rol klein balletjies, druk plat met `n vurk en bak vir 10-15 minute.

Kondensmelkkoekies
12k koekmeel
3k suiker
750g margarien
4 eiers
1 blik kondensmelk
1 eetl stroop
3t koeksoda
3t kremetart
halwe t sout
Room botter en suiker en gooi eiers een vir een in. Voeg kondensmelk en stroop by en meng goed. Gooi meel, koeksoda, kremetart en sout by. Maak aan tot verlangde styfte en sit deur vleismeul of koekiedrukker. Bak 15 tot 20 minute by 180 grade. Sit ook op mekaar met vanilla versiersuiker indien verkies.

Kookmelkkoekies
Baie maklike resep, gooi net alles bymekaar en meng. Jy kan hierdie as basis gebruik en net byvoeg wat jy wil bak bv vlapoeier vir vlakoekies ens
12k koekmeel
900g margarien
2t koeksoda
1k melk
4k suiker
1t vanilla
Bring melk en suiker tot kookpunt en voeg koeksoda by. Klits tot skuim en laat afkoel. Meng botter en meel goed en voeg by. Maak aan en bak in oond van 180 grade. Gebruik `n koekiedrukker of `n vleismeul om koekies te vorm.

Klapperkoekies
875ml koekmeel
1en `n kwart k suiker
250g margarien
2 eiers
halwe t vanilla
halwe t koeksoda
halwe t bakpoeier
1k fyn klapper
halwe t sout
Meng margarien en suiker deeglik. Klits eiers en voeg klapper by dan al die orige droë bestandele. Maak koeksoda aan met eetlepel melk en meng by deeg tot dit reg is vir `n vleismeul. Bak 15-20 minute by 180 grade.

Romary creams
500ml meelblom
5ml bakpoeier
375ml klapper
60ml kookwater
250g margarien
250ml strooisuiker
25ml kakao
melksjokelade
Room botter en suiker. Voeg meelblom, bakpoeier, sout en klapper by. Skep teelepels vol op `n gesmeerde bakplaat. Bak in matige oond vir 6 minute. Smelt melksjokelade oor kookwater of in `n mikrogolfoond op 5 (simmer) en smeer oor koekies.
Soentjies
1k botter of margarien
1k suiker
4eetl mielieblom
2k meel
2 eiers
2t bakpoeier
Room botter en suiker saam en voeg die eiers daarby. Sif die mielieblom, meel en bakpoeier by en meng goed. Druk uit met ‘n koekiedrukker of ‘n meuletjie en bak tot mooi bruin in ‘n oond van 180grade. Hierdie koekies kan jy ook met versiersuiker of konfyt opmekaar plak.

Brosbrood
250g botter(nie margarien)
2k versiersuiker(500ml)
3k koekmeel(750ml)
knypie sout
Haal botter uit die yskas en laat kamer temperatuur bereik. Meng al bogenoemde bestandele en vorm in `n wors so groot soos jy jou koekies wil laat wees. Plaas in `n sakkie en laat oornag in die yskas. Sny in dun skywe en bak in voorafverhitte oond van 160grade. Bak tot ligbruin maar oppas, dit brand maklik.

Hertzoggies
Soetkors
4k meelblom
250g margarien
1k suiker
3t gelyk bakpoeier
1 eetl vlapoeier
2 eiers
1t sout
Room suiker, botter en eiers. Meng droë bestandele met jou hande in die bottermengsel en plaas in `n plastieksak om klam te bly.

Klappervulsel
5k klapper
125g margarien
2t vanilla
2k suiker
8 groot eiers
knippie sout
Room botter en suiker. Voeg eiers, vanilla en sout by en dan laaste die klapper. Gebruik vorige resep as riglyn en skep oor die appelkooskonfyt bogenoemde klapper mengsel oor en bak ook vir 15 minute by 180 grade.

Konfytkoekies
135ml botter
185ml strooisuiker
1 groot eier
500ml koekmeel
10ml bakpoeier
knypie sout
appelkooskonfyt
Stel oond op 190 grade. Room botter en strooisuiker. Voeg eier by en klop goed. Sif koekmeel, bakpoeier en sout eers saam en sif dan by geroomde mengsel. Meng goed. Rol in balletjies, druk effens platter met `n glas en maak `n holte met jou paplepel se agterkant in die middel van elke koekie. Skep in elke gaatjie `n stukkie konfyt in. Bak vir 10 minute tot ligbruin.

Klapperkoekies
Tant Nannie kan die lekkerste kleinkoekies bak wat ek nog geëet en hierdie is ook `n een van haar vele resepte. Die varkvet in die reseppie gee `n besonderse smaak aan die koekies.
8k meel
6t bakpoeier
4k suiker
4 eiers
2k klapper
2k botter
halwe k varkvet(opsioneel)
1k melk
Vryf botter in meel en bakpoeier. Klits die eiers en suiker saam en voeg die melk by. Meng die vloeistof en die klapper by die meelmengsel. Druk af en bak in oond by 180 grade tot mooi bruin.

Gemmerkoekies
Hulle is nie so hard soos ander gemmer koekies nie.
6k koekmeel
1k margarien
2k suiker
2eetl gemmer
2 eiers
1k goue stroop
3t koeksoda
kwart t sout
Klits botter en suiker goed dan eiers. Gooi stroop en gemmer by dan koeksoda, aangemaak met 2 eetl melk. Sif dan meel by en meng goed. Druk deur koekiedrukker of maak balletjies en druk plat. Moenie uitrol nie.

Jan Smuts-koekies
Soetkors
4k meelblom
250g margarien
1k suiker
3t gelyk bakpoeier
1 eetl vlapoeier
2 eiers
1t sout
Room suiker, botter en eiers. Meng droë bestandele met jou hande in die bottermengsel en plaas in `n plastieksak om klam te bly.
Vulsel
125g margarien
125g suiker
2 eiers geklits
225ml koekmeel
5ml bakpoeier
appelkooskonfyt
Verroom die margarien en die suiker saam. Voeg die eiers by en meng. Sif die koekmeel en bakpoeier en saam en meng dit met die eiermengsel. Rol deeg uit en druk af in sirkels. Plaas dit in kolwyntjiepanne wat vooraf gesmeer is en sit omtrent 2ml appelkooskonfyt in elke bakkie in die pannetjie. Voeg bo-oor van bogenoemde vulsel en bak in `n voorafverhitte oond by 180 grade vir 15 minute of tot goudbruin op die middelste oondrak.

Soetkoekies sonder eiers
Baie goedkoop koekie om te maak en die sitrusskil gee aan hom `n interesante smaak.
2,5ml koeksoda
300ml suiker
125ml melk
875ml koekmeel
10ml bakpoeier
knypie sout
250ml botter of margarien
5ml gerasperde lemoen of suurlemoenskil
Kook koeksoda, suiker en melk tot skuimend en laat afkoel. Stel oond op 180 grade. Sif die koekmeel, bakpoeier en sout saam en vryf die botter met die vingerpunte in. Voeg die skil en melkmengsel by. Maak balletjies of drup met teelepel op gesmeerde bakplaat. Ek gebruik my koekiedrukker want dit is vir my minder moeite. Bak sowat 20 minute tot mooi bruin.

Koffiekoekies(geen eiers-heerlik)
8k meel
500g margarien
2k suiker
500g stroop
3t koeksoda
1t vanilla
halwe k baie sterk koffie
Meng botter en suiker, voeg stroop by, maak koeksoda aan met die koffie. Sif meel by en maak styf genoeg aan om deur `n vleismeul te gaan.
Vulsel
Halwe pak versiersuiker
2eetl margarien hoogvol
knippie sout
1t vanilla
2eetl baie sterk koffie
Meng goed en voeg laaste die koffievloeistof. Sit twee, twee koekies opmekaar met die vulsel. As jy nie `n vleismeule het om die koekies uit te druk nie, kan jy ook die koekiedrukker gebruik wat plat koekies uitdruk