Thursday 16 November 2017

Ontbytpizza



Ontbytpizza
Resep Bestanddele
1 vel (250 g) bevrore blaardeeg, ontdooi
⅓ k suurroom **
¾ k gerasperde gruyèrekaas (vervang dit met cheddar)
4 repies gaar spek
3 groot eiers
vars tiemieblare vir garnering
1.Verhit die oond tot 200 °C.
2.Rol die deeg op ’n groot stuk pakpapier uit tot ’n reghoek van 30 cm x 25 cm. Vou 1 cm van die kante binnetoe om ’n rand te vorm. Seël dit met ’n vurk en steek gaatjies oral in die deeg. Plaas die deeg op ’n bakplaat en bak vir 20 minute tot goudbruin.
3.Meng die suurroom en gruyèrekaas in ’n bakkie. Smeer dit oor die gaar deeg en vorm 3 holtes vir die eiers. Rangskik die spek bo-op die vulsel. Breek die eiers in die holtes en geur elke eier met ¼ t sout en varsgemaalde swartpeper.
4.Bak in die oond vir sowat 12 minute totdat die eierwitte geset het, maar die gele nog loperig is. Garneer met tiemie.
**Maak jou eie suurroom deur `n bietjie karringmelk by room te voeg en dan `n nag lank in die yskas te laat oorstaan.
Vervang suurroom in `n resep met melk, maaskaas, room of gewone joghurt of as jy suurroom moet gebruik en jy het net vars room, voeg 1 teelepel asyn of suurlemoen by.