Pages

Wednesday 26 October 2016

Karamelkondensmelk-stafies




Karamelkondensmelk-stafies
LEWER 28 BLOKKIES
250 g margarien of botter
125 ml (½ k) suiker
1 eier
750 ml (3 k) koekmeel
30 ml (2 e) bakpoeier
knippie sout
1 blik (365 g) karamelkondensmelk
klapper
Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n bakplaat van 32 x 23 cm.
1.Verroom die margarien of botter en suiker tot romerig. Klits die eier by.
2.Sif die droë bestanddele saam en voeg by die bottermengsel. Meng goed en knie tot ’n stywe deeg.
3.Druk driekwart van die deeg in die pan vas.
4.Smeer die karamelkondensmelk dik oor en besprinkel met die klapper.
5.Rasper die orige deeg oor.
6.Bak sowat 30 minute of tot goudbruin en gaar. Sny in blokkies.