Monday 8 June 2015

Vadersdag Idees



Iets waarmee mamma die kinders mee kan help om van papa/oupa vir vadersdag te maak. Lamineer die middelste gedeelte dan is dit lekker stewig


 
Oulike Idee vir 'n papa/oupa vir Vadersdag
 


Gebruik 'n skoon blikkie.  Plak stokkies rondom vas.  Verf dit met 'n mooi helder kleur.  Nou kan die kinders dit versier met plakkers, ens.  Pappa/oupa kan dit nou gebruik as 'n pennehouertjie



'n Oulike idee vir pa se sleutels



sit al pa se gunsteling lekkernye in houer en rond dit af met "das"



al pa se lekkernye in glashouers



Oulike idee van pappa en die kinders se hande




Vir pappa/oupa se werkswinkel

 













Fathers Day This would be so perfect. Knit Dad a cake 
 
 
 
'n Afdruk van pappa en die kinders se hande geraam vir sy kantoor



Hier is 'n versie oor 'n oupa maar hoekom teken jy nie spesiale prentjie van jou oupa en skryf jou eie versie vir hom vir Vadersdag
(foto via Google)
Wat is n Oupa? Deur die oe van n kind.
•ʼn Oupa is iemand nes ek, net biekie slimmer, want hy kan my help met somme...
•Oupas gaan stap graag met sienkies en gesels net oor die plaas en skape.
•ʼn Oupa werk nie; hy het tyt vir jou, behalwe as hy slaap.
•‘n Oupa kan nie meer mooi sien nie, want hy wil altyt weet wat jy doen. Maar dis lekker om vir hom te sê, omlat hy regtig wil weet.
•Oupas het baaaie geld, want hulle koop elke dag die koerant en gooi tien rant in die kerk.
•‘n Oupa is iemant wat altyt bly is om jou te sien, daarom hou hy altyt lekkers in sy sak en as jy nader kom dan moet jy eers so liggies aan die oor getrek word.
•Oupas vertel een storie tien maal. Elke keer anders. Jakkels en Wolf stories is mooi al het ek nog nie ‘n rerige jakkels en wolf gesien nie.
•Almal moet probeer om ‘n oupa en ouma te kry, want hulle is lekkerder as telewiesie kyk en die grootste stuk goud wat ek nog gesien het.
 
 

Idee vir kinders vir Vadersdag  - skryf vir hom koepons uit om gras te sny / motor te was / ens



Idee vir pa vir Vadersdag  - emmer om motor mee te was en skoonmaakmiddels en lappe / sponse

 
'n Sertifikaat vir 'n spesiale pappa

 
'n Boekmerk vir pappa



Eddie Smit
Ons Vadersdag ruiker in die kerk



Ek dank U Heer, vir my pappa se liefde trou;
Sy twee arms, wat my stewig elke dag vashou,...
Om my te steun wanneer alles skeefloop of sleg;
Met ferme hande my te lei op die regte weg.
Vir blyke van waardering, as ek my bes probeer,
Ofskoon ek nie ’n wenner is, of baie goed presteer.
Ek dank U vir sy hande wat met ywer daagliks werk,
Al is hul vol eelte en grof, maak U hulle sterk.
Ek dank U vir sy oë wat ook alles raaksien,
Al moet ek soms teregwysing en straf verdien;
Ek dank U vir sy hart wat vol liefde klop vir my,
Ek sal nooit in my lewe weer so ’n pappa kry!
Seën en lei hom, Heer, hy is so spesiaal;
Ek is baie lief vir hom Heer, dankie nog ’n maal